Research 2002

Faculty Home

Faculty Structure

Research Management

Back To

Faculties

 

Faculty of Theology

Prof CJA Vos, Dean

Telephone number: 012 420 2322
Fax number: 012 420 4016
E-mail address: teologie@postino.up.ac.za

Preface by the Dean

Die Fakulteit Teologie fokus op navorsing en gemeenskapsdiens as twee van die sleutelareas en het ‘n aantal inisiatiewe van stapel gestuur om die gebiede te ontwikkel.

‘n Kursus in navorsing

Die navorsingsbestuurder het ‘n kursus in die ontwerp van ‘n navorsingsvoorstel aangebied waaraan die meeste van die nagraadse studente met groot vrug deelgeneem het.

Indentifisering van navorsingsgebiede

Die navorsingskomitee van die Fakulteit het intensief aandag gegee aan die identifisering van onontginde navorsingsterreine. Daar is veral ook moeite gemaak met interdissiplinêre navorsing. Uit die projek het daar betekenisvolle navorsing voortgekom. Uitnemende navorsing bly steeds die oogmerk.

Navorsing van internasionale uitnemendheid

Daar is in die Fakulteit navorsing van internasionale uitnemendheid gedoen. Op dié manier het die Fakulteit meegewerk aan die ontginning, verspreiding en die neerslag van navorsing. Die navorsingsstatuur lei daartoe dat die Fakulteit ‘n betekenisvolle rolspeler in die internasionale gemeenskap is. Die Fakulteit geniet ook in die universiteitsgemeenskap aansien op grond van die kwaliteit en omvang van die navorsing.

Die ondersteuning van die twee Fakulteitstydskrifte

Die twee Fakulteitstydskrifte, Verbum et Ecclesia en Hervormde Teologiese Studies, het die afgelope jaar ‘n beduidende rol gespeel in die stimulering en realisering van navorsing. Die twee tydskrifte is plaaslik relevant en internasionaal invloedryk. Van die artikels vind neerslag in internasionale navorsing. Die tydskrifte voldoen aan al die kwaliteitsvereistes wat vir akademiese tydskrifte gestel word.

Die navorsingsuitsette van die verskillende Departemente is by die navorsingskantoor beskikbaar.

Plaaslike relevansie

Die Fakulteit is plaaslik relevant deur sy betrokkenheid by die geloofsgemeenskappe en sy diens aan die samelewing. Dit het veral in die navorsing van die armoedevraagstuk en VIGS aan die lig gekom.



 

Related Links

Faculty of Theology Home Page